Mariette & Matilda

 DSC_7572_view (3)

Mariette (36)
2nd time mom to:
Matilda, a 3.73kg girl
born 19 Apr 2015
(40 weeks)
A birth centre VBAC

In kort was dit die mees ongelooflike geboorte ervaring en ek is baie trots dat ek die VBAC gedoen het!
Voel asof ek Kilimanjaro kan klim na die kraam!
Geen pynmedikasie of intervensies nie.

Die vroee kraam was so 8 ure. Aktiewe kraam tot d einde was nog 8 ure.
Die Hypnobirthing het fantasties gehelp dat ek volkome ontspan het tussen die surges. Die surges was intens… maar solank ek weer kon rus het ek goed gecope.
Die surges is darem nie heeltemal ‘n gewone tipe pyn soos wanneer jy siek is nie, maar dit was steeds baie intens gewees.

Dit is eintlik net die laaste 3 ure wat dinge rerig vir my rof was en ek gedink het ek gaan dit nie kan doen nie. Gelukkig op daardie stadium het my man, my vroedvrou en die doula my gedra deur vir my instruksies te gee. Maar ek onthou pertinent dat ek op ‘n stadium net nie meer eintlik dit wou doen nie en het sulke halfhartige efforts ingesit tot die “pushing” want dit was te seer! Ek het nie die Birth breathing so lekker reggekry nie en het myself flou uit-asem gehaal. Die vroedvrou het my gecoach om eerder te druk. Baba se hartkloppie het een keer gedip waarna d vroedvrou my gecoach het om in ‘n supported squating posisie te gaan met my man agter my om dinge bietjie vinniger te laat gaan.

Die oomblik wat sy gebore is en ek haar kon uittel uit my en haar op my neersit was onvergeetlik!

Ek is baie bly ek het die HypnoBirthing gedoen en glo dit het bygedra dat die VBAC suksesvol was.
Ek dink ek moes dalk nog langer elke dag geoefen het om nie pyn te voel nie, soos die silver glove oefening. Ek dink nie ek het so koel en kalm gelyk soos daardie vrouens op die HypnoBirthing videos wat gelyk het asof hulle slaap nie!

Baie dankie vir al jou waardevolle insette – veral dat jy my aanbeveel het om die ekstra moeite deur te gaan om by vroedvroue aan te klop. Ek is is seker ek sou nie so ‘n ongelooflike ervaring by die hospitaal gehad het nie.
As dit nie was vir jou raad nie, het my VBAC dalk nie eers gebeur nie.

Ek het ongelukkig ‘n skeur opgedoen (kom seker maar met die package…). Die herstel is bietjie meer uitdagend as wat ek gedink het dit sou wees – alhoewel dit steeds baie makliker is as die herstel van ‘n keisersnit en ek voel dat die geboorte gelei tot ‘n baie goeie begin met bonding met die nuwe baba.

Testimonies

Recent Posts