Rentia & Callum

 Callum

Rentia
2nd time mom to:
Callum, a 4.1kg boy
born 9 Jan 2015
(at 41 weeks)
A natural hospital birth

Eerstens wil ek vir jou ‘n massiewe dankie sê vir die ongelooflike selfvertroue wat jy deur die klasse vir my gegee het! Callum se geboorte was ‘n wonderlike ervaring en ek sien sommer kans om dit ‘n duisend keer weer te doen. 

Sjoe, waar begin ek… Callum is eers op 9 Januarie gebore (oorspronklike datum was 28 Desember). Die ginekeloog was wonderlik, hy het my laat wag, alhoewel hy gewoonlik nie swanger vrouens meer as een week laat oorgaan nie.

 My water het omstreeks 2 uur die oggend gebreek, ons het 3:45 hospitaal toe gegaan en Callum wa 5:15 hier! Dit was redelik komieklik omdat die suster my nie geglo het nie: ek het drukking gevoel en vir haar gesê die baba is oppad. Sy wou toe sien hoe ver ek al ontsluit is, en met skok het sy toe dadelik die ginekeloog gebel. Ek was reeds 10cm! Die ginekeloog het opgedaag en Callum het sy verskyning gemaak, al 4.085kg van hom!

Testimonies

Recent Posts